7 dae gelede
Lions kies opwindende jong span
Vincent TshitukaFoto: GALLO IMAGES  ~ 

DIE Goue Leeus het besluit om ’n opwindende jong span vir môre se Curriebeker-kragmeting teen die Pumas te kies.

Die meeste agterspelers in die span van Gauteng is jonger as 24 jaar.

Die oudste speler in die agterlyn is die skrumskakel en kaptein, Ross Cronjé (29). Die tweede oudste speler in die agterlyn is Shaun Reynolds (24).

Voorlangs is dit byna dieselfde.

Die veteraan-losvoorspeler Marnus Schoeman (30) is die enigste speler in die pak ouer as 25.

Dylan Smith, die loskopstut, is 25, met die res almal 24 en jonger.

Die agterlyn spog met opwindende jongelinge soos Tyrone Green en Wandisile Simelane.

Vincent Tshituka (20) is ook een van die uitstekende nuwe losvoorspelers wat op Ellispark in aksie gaan wees.

Die Goue Leeus is: Tyrone Green, Madosh Tambwe, Wandisile Simelane, Wayne van der Bank, Stean Pienaar, Shaun Reynolds, Ross Cronjé (k), James Venter, Vincent Tshituka, Marnus Schoeman, Reinhard Nothnagel, Rhyno Herbst, Johannes Jonker, Jan-Henning Campher, Dylan Smith. BANK: Pieter Jansen, Sti Sithole, Jacobie Adriaanse, Ruben Schoeman, Len Massyn, Dillon Smit, Manuel Rass, Jan-Louis la Grange.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters