28 dae gelede
Leopards kwel Jan
Jan Olde Riekerink  ~ BackpagePix

JAN Olde Riekerink, Cape Town City se coach, sal moet begin wakker skrik – vir sy span se onthalwe én om sy eie bas te red.

Riekerink is nou al twee maande by City, maar hy boesem nie juis vertroue onder die Kaapse sokkerliefhebbers in nie.

Boonop het City reeds ook sy identiteit op die speelveld verloor.

Die 12de posisie waarin die Citizens hulleself bevind, is ’n bewys van hoe die Kaapse span agteruit boer sedert Benni McCarthy as breier gepos is.

Riekerink het gister uitgewys hy wil voortbou op laas week se goeie uitslag teen Wits in die Kaap.

Volgens Riekerink was City­ se tweede helfte teen die Clever Boys een van hulle beste vertonings sedert hy by die span is.

Riekerink het sy spelers voorgesê om dieselfde benadering toe te pas wanneer hulle Black Leopards môre 20:00 in die Cape Town Stadium verwelkom.

Riekerink het bygevoeg hulle sal inspirasie put uit die vertoning teen Wits om die onvoorspelbare Leopards te probeer tem.

“Ek het die spelers gemaan dat die stryd teen Leopards moeiliker gaan wees as teen Wits,” sê Riekerink.

“Hulle het ’n goeie uitslag teen Chiefs gekry en sal vol selfvertroue wees.”

Naweek se fixtures:

Môre

CT City t Black Leopards

SuperSport t Chippa

United

Saterdag

Stellenbosch t Polo­kwane

Golden Arrows t Kaizer Chiefs

Orlando Pirates t Ama­Zulu

Sondag

Peter Mokaba Stadium

Baroka t Maritzburg

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters