5 maande gelede
Leeus-toer dalk agter geslote hekke
KATJIE: ’n Ondersteuner van die Britse en Ierse Leeus gedurende 2017 se toer van Nieu-Seeland.  ~  Getty Images

DINK jou net in: toetse tussen die Springbokke en Britse en Ierse Leeus in leë stadions iewers buite Suid-Afrika.

Wel, dít is wat volgend die Britse sportnuuswebtuiste en kanaal BBC Sport met vanjaar se Leeus-toer kan gebeur.

SA gaan tans gebuk onder ’n tweede vlaag van die Covid-19-pandemie.

Die regering het die land weer op vlak 3 van inperking geplaas, met nog geen aanduiding oor wanneer ’n entstof beskikbaar sal wees nie.

Pak

Volgens BBC Sport is daar wel ’n plan om die reeks tussen die Bokke en die Leeus agter geslote hekke in stadions in Engeland en Ierland te laat beslis.

Edinburg, Londen, Cardiff en Dublin word as stede genoem waar die Bokke en Leeus mekaar kan pak.

Dis glad nie ideaal vir diegene wat geld uitgegee het op kaartjies vir die toer nie en ook nie vir unies wat met weekwedstryde teen die toeriste ook ’n geldjie sou maak om die bankbalans weer te laat herstel nie.

Die Leeus is veronderstel op hul toer teen die Stormers, Bulls, Sharks, ’n Suid-Afrikaanse uitnodigingspan en SA A-span te speel.

’n Aankondiging oor wat met die Leeus-toer gaan gebeur, word aan die einde van Januarie verwag. Die Leeus se bestuur en SA Rugby beplan ’n vergadering om verskeie opsies te bespreek oor hoe die reeks nog beslis kan word.

Daar is ook ’n moontlikheid dat dié toer afgelas sal word en eers in 2025 sal gebeur.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters