12 dae gelede
Leboeuf sê Mbappé moet bly
Kylian Mbappé  ~ Getty Images

DIE 22-jarige Kylian Mbappé is deur sy Franse landgenoot Frank Leboeuf aangeraai om nie Paris Saint-Germain vir Real Madrid te verruil nie.

Volgens Leboeuf sal die jong Fransman homself in die voet skiet deur na die Spaanse klub te verhuis.

Leboeuf glo PSG het ’n veel groter kans as Real Madrid om binne die volgende paar seisoene die gesogte Champions League te wen.

Mbappé het verlede seisoen aangedui hy wil PSG verlaat, maar die Franse klub wou niks daarvan hoor nie.

Real Madrid het reeds laat deurskemer dat hy in Januarie weer met ’n reuse-aanbod vorendag gaan kom om die PSG-ster na Spanje te lok.

Die Spaanse klub gaan glo ook probeer om Paul Pogba by Manchester United weg te rokkel om sodoende Mbappé te oortuig om PSG te verlaat.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters