4 dae gelede
Larsen Chippa se man
nuwe kontrak? Clinton Larsen bly dalk aan in die Baai.Foto: gallo images  ~ 

DIT lyk of die Chilli Boys alles in hulle vermoë doen om seker te maak hulle behou Clinton Larsen as hulle breier.

Son het betroubaar verneem dat die Chilli Boys Larsen binnekort as hulle nuwe breier vir volgende seisoen gaan onthul, sodra die onderhandelinge voltooi is.

“Dit kan dalk die komende Maandag bevestig word, as dit nie vroeër gebeur nie,” het die informant gesê.

Larsen het laat in Desember verlede jaar net ’n kontrak van ses maande met Chippa beklink, maar volgens die ingeligte is die span reeds besig om seker te maak die breier kry ’n nuwe langtermyn-kontrak.

Chippa sal uiteraard vinnig moet speel om Larsen se kontrak af te handel.

Uit die manier waarop Larsen gepraat het ná hulle oorwinning van 1-0 verlede week oor Kaizer Chiefs, is dit duidelik dat hy baie gretig is om aan die gang te kom.

Larsen het ná die wedstryd gesê hy sal aanbly as ’n paar dinge by die klub verander.

Son se informant sê die klub en breier is juis op die oomblik besig met die onderhandelinge.

“Die onderhandelinge lyk positief. Daarom dink ek Larsen sal by Chippa bly.”

Stuur

Nadat Dan Malesela ná net drie wedstryde in die pad gesteek is, was daar nog twee ander afrigters, Joel Masutha en Eric Tinkler.

Malesela is juis nou besig met Galaxy se voorbereiding teen Kaizer Chiefs vir die Nedbank Cup-eindstryd.

Nie een van die twee afrigters het Chippa in die regte rigting gestuur nie.

Larsen het van Golden Arrows gekom en Chippa in die tweede laaste (15de) plek op die log gekry.

Sy harde werk het die span vinnig omgedraai.

Die span was vir 11 wedstryde onoorwonne en het die huidige PSL-kampioen, Mamelodi Sundowns, asook Wits, geklop

Larsen het ook geskiedenis gemaak deur die klub tot sy eerste halfeindstryd te neem in die Nedbank Cup.

Hy is dus Chippa se man.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters