Verlede maand
Langeveldt glo jonges kan baat
LEE LANGEVELDT  ~ VERSKAF

LEE Langeveldt, goalie van Stellenbosch FC, moes wyd en syd reis om sy sokkerdrome te verwesenlik.

Langeveldt moes die lekker bredies en gemak van sy ma se huis in Stellenbosch agterlaat om sy sokkerloopbaan voort te sit.

Nodeloos om te sê, was dit omtrént ’n gehustle om sy stempel af te druk.

Dit is waarom die voormalige Santos-doelwagter in sy noppies is oor die vooruitsigte wat op jong aspirant-sportlui in die Stellenbosch-gemeenskap wag.

Dankbaar

Dit volg nadat die Universiteit Stellenbosch (US) die afgelope week ’n ooreenkoms met die Stellenbosch Akademie van Sport (SAS) onderteken het.

Die veteraan-goalie is baie dankbaar vir dié vennootskap.

“Toe ek opgegroei het, moes ek weggegaan het (uit die dorp) om my sokkerloopbaan te bevorder,” het die 34-jarige Langeveldt gesê.

“Die nuwe vennootskap sal deure opmaak vir soveel jongelinge en ’n geleentheid bied tot ’n beter toekoms.

“Dit is ’n belangrike stap om plaaslike sport op te hef en om gateways te skep vir hulle,” het die Stellies-leier bygevoeg.

Langeveldt en sy spanmaats hervat Sondag hul PSL-veldtog met ’n wegwedstryd teen Swallows.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters