Verlede maand
Lang tights in rugby toegelaat
Keer teen seer: Michael Horak met ’n stel skin tights in ’n wedstryd vir London Irish in 2007.  ~ _getty images

MANSRUGBYSPELERS mag nou op die rugbyveld lang tights dra.

World Rugby (dié sport se beheerliggaam) het besluit om sy reëls rondom toelaatbare kleredrag in die mans se spel te wysig.

Dit is omdat daar deesdae op kunsmatige velde baie voorvalle is waar spelers letsels opdoen.

Verhoed

In die sewesrugbytoernooie van die Wêreldreeks in Kanada moes spelers sekere areas op hul bene toeplak om te verhoed dat hulle erge grass burns opdoen. Veral wanneer hulle op die kunsmatige velde in Vancouver en Edmonton val en skuur.

Voorheen is net vrouespelers ingevolge reël 4 van dié sportsoort toegelaat om tights onder hul kortbroeke te dra.

Verskeie stadions in Europa­ maak ook gebruik van kunsmatige velde vir rugby.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters