6 dae gelede
Lang pad wag vir 12 rondes – Fick
Tian Fick  ~ Jonathan Lestrade

DIE Kaapse swaargewigbokser Tian Fick sê ’n lang pad lê voor om weer fiks te word vir 12 rondes, maar hy doen alles in sy vermoë om slaggereed te wees vir sy SA titelgeveg in die Kaap.

Fick is die eerste aanspraakmaker om Ruann Visser se titel oor te neem nadat die Internasionale Hof vir Sportarbitrasie in Switserland Visser ’n ruk gelede vir vier jaar geskors het weens die gebruik van ’n verbode middel.

Fick se teenstander is Josh Pretorius van Richardsbaai. Fick sê hy was slaggereed om 12 rondes te boks toe die Covid-19-pandemie uitgebreek het.

“Dit het my ’n ruk geneem om aan te pas om my fiksheid sover moontlik tydens die lockdown te behou.

“Ek het eers om my huis gehardloop en alles moontlik gedoen om my liggaam aktief te hou.

“Om behoorlik fiks te word, het jy sparring partners nodig, maar dit was uiteraard buite die kwessie.

“Onlangs kon ek tussen 06:00 en 09:00 darem ’n 8 km-draf inpas.”

Normaal

Fick sê hulle hoop om twee maande ná die lockdown weer in die kryt te klim.

“Ja, natuurlik kan ek nie wag om te doen waarvoor ek so lief is nie.

“Daarom hoop ek en my span dat dinge so gou moontlik na normaal kan terugkeer sodat ons weer top-fiksheid kan bereik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters