10 dae gelede
La Liga-baas is ‘gereed’ vir Messi se exit
Lionel Messi  ~ Getty Images

JAVIER Tebas, La Liga se president, beweer hy is “gereed” vir Lionel Messi se vertrek, terwyl hy Manchester City kritiseer – ’n klub wat hy glo Messi se dienste gaan opraap.

Messi het in Augustus ’n transfer versoek ingedien by Barcelona – by wie hy al as ’n 13-jarige aangesluit het. Hy het egter teruggestaan ??nadat die liga geweier het om sy skuif goed te keur.

Die Argentyn het ook ’n uitval met Josep Maria Bartomeu gehad wat gevolglik in Oktober as president van Barça bedank het.

Tebas wil hê Messi (33) moet in Spanje bly, maar hy glo ook La Liga sal sonder hom kan klaarkom.

Volgens Tebas het La Liga steeds gefloreer ná Neymar se skuif in 2017 van Barcelona na Paris Saint-Germain.

Dieselfde het gegeld met Cristiano Ronaldo se skuif ’n jaar later van Real Madrid na Juventus.

“Ons is gereed (vir Messi se vertrek),” sê Tebas.

Hy het aangedui Messi sal hom waarskynlik in die Premierliga by Manchester City aansluit.

Dít ondanks die feit dat bronne by die Etihad (City se tuiste) nog niks oor dié vooruitsig gesê het nie.

Kritiek

Tebas het City herhaaldelik gekritiseer omdat hy voorheen talle bewerings oor sy struktuur gemaak het, onder meer omdat hy City van finansiële onreëlmatighede beskuldig het. Dít voordat City in Julie deur die hof vir sportarbitrasie van ernstige oortredings vrygespreek is.

Hy het verder kritiek teen City gerig toe hy Dinsdag gepraat het. “Dit lyk asof die enigste klub in die Premierliga wat oor die registrasie van Messi praat, Manchester City is wat buite die reëls meeding. Ek is nie die enigste een wat dit sê nie.

“Ek is nie te bekommerd oor hulle nie. Ek het al vele kere kritiek uitgespreek oor wat hulle doen. Om dit nog een keer te doen, maak geen verskil nie.

“City word nie geraak deur Covid of pandemies of iets nie, want hy word anders gefinansier. Dit is onmoontlik om teen dit te veg.”

City het verkies om nie op Tebas se uitsprake te reageer nie.

City worstel glo met die finansiële impak van die pandemie. Dit het sy bestuurder, Pep Guardiola, in die mees onlangse transfer window tot ’n netto besteding van £31 miljoen (sowat R633 miljoen) beperk. – AP

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters