4 maande gelede
KYK: UWK en CPUT struikel
My bal! UWK se Robert Izaks neem beheer van die bal teen die Madibaz.Foto’s: MARK WARD  ~ 

OM UDUBS te klop is mission accomplished.

Dís hoe Jarryd Buys, coach­ van die Madibaz-rugbyspan, sy span se sege oor die Universiteit van Wes-Kaapland beskryf.

Die studente van die Baai het UWK gister in Stellenbosch op die tweede dag van die Ussa-week van Universiteitsport SA met 15-7 geklop.

Die Baaienaars het sake by die afbreekpunte oorheers en talle kere omgekeerde besit bewerkstellig.

Behalwe vir Jacques van Zyl (haker) se drie kon Udubs nie die Baaienaars onder druk plaas nie.

Buys verduidelik: “Dit is nogal soete wraak, veral in die lig daarvan dat ons ons Varsity Cup-status aan hulle (UWK) moes prysgee.”

MADIBAZ – drieë: Riaan Esterhuizen, Ruan Jonker; doelskop: Luvo Claassen; strafskop: Tristan Fourie. UWK – drie: Jacques van Zyl; doelskop: Keagan Fortune

  • Ricky Petersen, coach van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (CPUT), het sy troepe vir hulle veggees geloof in gister se nederlaag teen die Sen­trale Universiteit vir Tegnologie (SUT).

CPUT is in sy A2-wedstryd met 5-34 deur dié baie sterk span van Bloemfontein geklop.

Petersen sê: “Ons het teen ’n Varsity Cup-span gespeel. Dis moeilik, veral as daar gekyk moet word na waar ons nou is met die span, maar ons maak vordering.”

SUT – drieë Quinton Vorster (2), Jason Raubenheimer (2), Frederick Fouché; doelskoppe: Johannes de Jager (3); strafskoppe: De Jager (1). CPUT – drie: Keadon Consul.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters