4 maande gelede
KYK: Uni-Mil is baas
KRAGLOPIE: Alroy Brandt van Uni-Mil doen sy ding. Foto’s: MELINDA STUURMAN  ~ 

UNIL-MIL het Saterdag geskiedenis gemaak toe hy Tygerberg op Florida­park in Ravensmead met 27-21 getroef het.

Dit was die eerste keer dat Isma-eel Dollie (afrigter) se span die Tiere in hulle eie agterplaas aangedurf het.

Dollie het agterna oor sy span se vertoning gesê: “Die Tiere het ’n ryk geskiedenis.

“Die klub het al baie Springbokke opgelewer.

“Vir ons om hier op die beroemde Floridapark te speel, is iets spesiaals.

“Dit is die eerste keer dat ons hier speel. Ons is nog net drie jaar in Superliga A.

“Tygerberg en SK Walmers is die langste van al die ou Saru-klubs in Superliga A.

“Die Tiere het in Anton Moolman ’n great coach. Hy het met sy vorige klub baie sukses behaal.

“Hy is ’n great taktiese coach. Die Tiere het Valsbaai twee weke geklede in Constantia geklop. Valsbaai het baie jare laas daar verloor.”

Dollie sê hulle het hulself voorberei vir ’n baie moeilike wedstryd teen Tygerberg.

“Die weersomstandighede het sake vandag (Saterdag) baie tricky gemaak.

“Die wind en die reën op Floridapark het dinge net vererger.

“Daar was baie emosie in die game. Dit is waarom hulle rugby speel.

“Hulle almal sal die game vir ’n baie lang tyd onthou. Dit was regtig ’n baie spe­siale oorwinning.

“Ek sal dit self nooit vergeet nie.

“Toe die wind in die eerste helfte agter ons was, het ons elke geleentheid wat ons gekry het in punte omskep. Ons het deur die telbord druk toegepas.

“Ons het geweet ons sou in die tweede helfte selfs meer van ’n step-up moet maak en ons dissipline moet behou. In dié soort toestande is dit die span wat nie die bal het nie wat sukses sal behaal.”

Uni-Mil het sy vorige stryd teen SK-Walmers op ’n verrassende wyse verloor.

“Dit maak steeds baie seer omdat dit my ou span is. Laas jaar het ons hulle met 78-13 geklop. Dit was baie moeilik om teen hulle te verloor, maar ek dink dit het die manne se karakter gebou,” het Dollie bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters