2 maande gelede
Kyk na die toekoms, sê McCaw
Richie McCaw  ~ Gallo Images

RICHIE McCaw sê die opskorting van die rugby­seisoen kan op die duur dalk positiewe gevolge vir Nieu-Seelandse rugby inhou.

Die voormalige All Black-kaptein en tweemalige Wêreldbekerbeker-wenner het Dinsdagaand op die TV-program The Breakdown sy mening uitgespreek oor die impak van die corona-virus-krisis.

Die 39-jarige veteraan van 148 toetse het gesê hy geniet dit om Superrugby op TV dop te hou.

Al gaan hy dit mis, glo hy dis belangriker om nou te kyk na die geleenthede wat die toekoms gaan bied.

Omdraai

Hy het gesê: “Elke sportsoort is in dieselfde situasie. Jy vra jou af hoe dit gaan lyk sodra dinge omdraai en watter skade aangerig word deur die kansellasie van kompetisies.

“Dis beter om eerder te kyk na wat die probleme nou is en te kyk watter geleenthede in die toekoms kan opduik. Daar kan goeie dinge daaruit voortvloei as die finansiële slag hanteer kan word.”

McCaw meen die shutdown benadruk net hoeveel rugby vir Nieu-Seelanders beteken.

“Dis verbasend wanneer jy niks het om na te kyk nie hoe belangrik dit vanuit ’n vermaak-oogpunt in almal se lewe is.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters