10 dae gelede
KSA se lederaad buig knie
Rihan Richardson  ~ Gallo Images

DIE lederaad van Krieket Suid-Afrika (KSA) het ingegee en die tussentydse raad wat deur Nathi Mthethwa, minister van sport, voorgestel is, formeel aangestel.

Dit volg op sy weiering om dit verlede week te doen, met die daaropvolgende druk van die regering wat blykbaar die raad gedwing het om sy standpunt te laat vaar.

Die raad het ’n verklaring uitgereik wat lui: “Die waarnemende president van Krieket Suid-Afrika (KSA), Rihan Richards, het vandag bevestig die lederaad van KSA het die tussentydse raad aangestel ingevolge die KSA se Memorandum of Incorporation (MoI), met ’n duidelike begrip van rolle en verantwoordelikhede vir die onmiddellike toekoms van KSA.

Gees

“Die aanstelling volg op ’n openhartige, eerlike en konstruktiewe verbintenis tussen verteenwoordigers van die lede en die tussentydse raad. Almal was dit eens oor die pad vorentoe en om saam te werk, streng in ooreenstemming met die toepaslike wetlike raamwerk.”

Richards het op sy beurt gesê: “In die gees van die KSA-visie beskou die lederaad die gesprekke met die tussentydse raad oor die pad vorentoe as ’n sprong in die regte rigting en hy verwag dat krieket die wenner sal wees as gevolg daarvan.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters