Verlede maand
Kruisfontein jag sege in Die Hok
YSTER: Xavier Felix van Kruisfontein op die aanval.  ~ Charles Pullen

KRUISFONTEIN sien met groot opwinding uit na sy eerste teenstander in die Oos-Kaapse Super14-kompetisie.

Daai teenstander is natuurlik die Uitenhagers Gardens teen wie Kruisfontein (van Humansdorp) Saterdag in die Derrick Ferreira Stadion speel.

Kruisfontien se breier, Shaun Windvogel, sê sy span is tog te gretig om die nuwe jaar goed af te skop en dit weer teen Gardens in Die Hok

“Ons het Gardens verlede jaar op hulle tuisveld geklop en wil dieselfde doen in die eerste wedstryd.

“Ons weet dit gaan moeilik wees, want hulle is ’n baie goeie span, maar ons is vasbeslote om ’n goeie begin te maak tot die kompetisie,” sê Windvogel.

Sy span het ’n paar veranderinge gemaak, maar hy wil nie vroeg in die nuwe seisoen alles verklap nie.

“Die klub het hier en daar ’n paar nuwe manne, maar kom ons los dit liewer vir op die dag.

Trofee

“Ek wil nie ons planne verklap deur te veel te sê nie.”

Volgens die breier is sy span ook lus om die seisoen hulle hande op ’n trofee te kry ná verlede seisoen se harde werk.

“Die span gaan alles doen om goed te doen in die Super14 en dit moontlik te wen.

“Daar is goeie pryse op die spel en dit is een van die redes hoekom almal wat by die klub betrokke is, gemotiveer is om lekker opwindende rugby te speel dié seisoen.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters