12 dae gelede
Kolbe is ’n hasie met daai BMT
Cheslin Kolbe  ~ Getty Images

BRIAN O’Driscoll, legendariese voormalige Ierse senter en kaptein, het die Springbok-vleuel Cheslin Kolbe as ’n speler vir die groot oomblikke beskryf nadat hy Toulouse tot in die Europese Beker-eindstryd gehelp het.

Kolbe was instrumenteel in Toulouse se pogings toe die Franse span sy plek in die Champions Cup-finaal met ’n sege oor die Top 14-span Bordeaux bespreek het.

Kommentaar

Die haastige vleuel het altesaam 69 m in ses lopies gewen. Dit het twee skoon lynbreke ingesluit.

Dié vertoning van Kolbe het O’Driscoll, wat ná die wedstryd kommentaar op BT Sport gelewer het, die heuningkwas laat uithaal.

“Hy is soos ’n Energizer Bunny,” het O’Driscoll gesê. “Dit voel net asof sy systap van weerskante af kan kom.

“Owen Farrell weet in die Wêreldbeker-eindstryd dat hy op dieselfde manier van sy regtervoet af gekom het, so dis skrikwekkend wat hy (Kolbe) kan doen. Jy’t sulke spelers in groot oomblikke nodig, nes Antoine Dupont opdaag vir die groot kans.

“Al kom daar niks van nie, is dit daar vir ons om te bewonder ... en ons na die volgende game te laat kyk waarin hy speel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters