8 dae gelede
Koeman moes Barça red
Groot verwagtinge: Ronald Koeman (regs) wil hê Memphis Depay moet Barcelona se aanval lei.  ~ _GETTY IMAGES

RONALD Koeman, manager van Barcelona, het ’n bom gelos op die vooraand van die Champions League se openingstryd teen Bayern Munich.

Volgens hom is hy ge­nader om Barcelona te help red.

Koeman hou vol dat sy werk uiters belangrik is by Barcelona. Die klub gaan tans deur ’n moeilike tydjie van die veld af.

Dis egter sy verhouding met die president van die klub, Joan Laporta, wat nog heeltemal herstel moet word.

Die Katalaanse klub het in die eerste veldtog met Koeman aan beheer nie aan die verwagtinge voldoen nie.

Barcelona het in die skadu van Atlético en Real Madrid in La Liga geleef.

Barcelona se probleme is in Augustus vererger te midde van finansiële probleme en komplikasies met La Liga, toe die Blaugrana-legende Lionel Messi gratis vertrek het.

Verskeie ander sterspelers, soos Antoine Griezmann, moes ook die klub verlaat, terwyl ander pay-cuts moes neem.

Koeman beweer egter dat hy dit daar geniet ondanks sy brose verhouding met Laporta. – AP

Vandag se Champions League­ fixtures

. Sevilla t RB Salzburg

(18:45)

. Young Boys t Manchester United (18:45)

. Lille t Wolfsburg (21:00)

. Barcelona t Bayern Munich (21:00)

. Malmö t Juventus (21:00)

. Villarreal t Atalanta (21:00)

. Chelsea t Zenit St. Petersburg (21:00)

. Dynamo Kiev t Benfica (21:00)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters