6 dae gelede
Klubs eis kop van OP-baas
DONOVAN MAYFOTO VERSKAF  ~ 

DIE Oostelike Provinsie Krieketraad is bereid om regstappe te doen om sy voorsitter, Donovan May, te ondersteun.

’n Storm het ontstaan om May, wat gister sy verjaardag gevier het. Verteenwoordigers van 27 beswaarde klubs eis May se kop.

May is onlangs as ’n lid van Krieket SA se raad verkies en moet die posisie prysgee as hy nie meer die OP se voorsitter is nie.

“Dit sal ’n ernstige terugslag wees as die OP nie in die nasionale raad verteenwoordig is nie,” het die OP se uitvoerende hoof, Mark Williams, verduidelik.

Ondersoek

Die beswaarde klubs het ’n lys van hulle griewe aan Williams oorhandig.

Williams het gesê die besware word ondersoek en regshulp sal ingespan word.

Williams het intussen aan die werk gespring en van die griewe met sommige klubverteenwoordigers bespreek.

May verwelkom enige planne om krieket in die OP sterker te maak.

“Ons deure is altyd oop. Ons fokus daarop om stabiliteit onder ons leiers te vestig sodat ons aandag kan gee aan klubs se probleme, veral klubs in townships en op die platteland.

“In belang van jong spelers en duisende fans vra ons dat mense met geregverdigde griewe en planne wat ons sterker kan maak, na vore kom,” het May gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters