Verlede jaar
Klubs aanvaar hul lot
Lucan Ian Kirchner
GOEIE TYE: Lucan Ian Kirchner op pad doellyn toe vir Tygerberg teen Valsbaai in laas jaar se Superliga A- kragmeting.  ~ GALLO IMAGES

KLUBRUGBY het ’n geweldige knou hierdie jaar gekry en gaan straks nog lank die negatiewe effek van die Covid-19-pandemie voel.

Met alle amateurrugby wat vir eers onbepaald gestop is, vind rugbyklubs dit swaar om weer aan die gang te kom.

In die Westelike Provinsie word daar, nes in die res van die land, gewag vir die direc­tive vanaf die regering.

Die gevoel onder die voorsitters en afrigters is egter dat hierdie jaar verby is en dat daar werklik geen rugby vir die klubs gaan plaasvind nie.

Een voorsitter wat anoniem wou bly, het gemeen die unie het aan die begin planne in plek gehad indien kontaksport ná ’n paar maande toegelaat sou word om weer aan die rol te kom.

Afskryf

“Ons was baie optimisties. Sommige is steeds, maar ek is van mening daar is nie veel wat WP kan doen alvorens die government vir hulle die groen lig gee nie,” verduidelik hy.

“Daar word ook gepraat van sevens en touch rugby tournaments, maar ek dink ons moet maar hierdie jaar afskryf en begin planne maak vir volgende seisoen.”

Die klubspelers het wel op hul eie deur die hele lockdown goed gegym en hard geoefen.

Van die klubs het hul spelers by oefenprogramme ingedeel.

Daar is ook klubs wat hul hand in eie sak gesteek en begin kospakkies uitdeel het vir die gemeenskappe in en rondom hul tuisveld wat hard geslaan is deur die lockdown.

’n Ervare afrigter wat ook verkies om anoniem te bly, het aan Son gesê baie van die spelers probeer op hul manier fiks bly.

“Daar was baie positivity aan die begin – selfs nou nog hier en daar – maar ek dink baie van die spelers en klubs het maar ons lot aanvaar dat daar niks rugby vir ons klubs hierdie jaar gaan wees nie,” sê die afrigter.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters