13 dae gelede
Klopp vol ‘grappies’
Frank Lampard  ~ Getty Images

FRANK Lampard is glad nie ingenome met Jürgen Klopp se comments oor Chelsea se aanwinste vir die nuwe Engelse Premierliga-seisoen nie.

Die Chelsea-manager reken die uitlatings van sy eweknie van Liverpool oor hul groot spending spree is nogal snaaks.

Daarom het hy Klopp daaraan herinner dat Liverpool se groot uitgawes die grondslag gelê het vir die afgelope seisoen se Premierliga-sukses.

Chelsea, wat besit word deur die Russiese miljardêr Roman Abramovich, het sowat £200 miljoen (R4,4 miljard) spandeer om Timo Werner, Kai Havertz, Hakim Ziyech en Ben Chilwell te lok.

Klopp het dié seisoen net die dienste van ’n left back, Konstantinos Tsimikas van Olympiacos Piraeus, bekom.

“Ek het dit effe snaaks gevind, want as jy oor die eienaars van klubs praat, dink ek nie dit maak juis saak uit watter bedryf hulle kom nie,” reken Lampard. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters