27 dae gelede
Klopp boos oor blaser, dikbek oor draw
jÜregn kloppFoto: GETTY IMAges  ~ 

JÜRGEN Klopp, Liverpool se manager, meen hul 1-1 draw teen Burnley Saterdag op Anfield voel meer soos ’n nederlaag.

Andy Robertson het die tuisspan se neus ná die halfuur-kerf voor gesit, maar Jay Rodriguez het dit halfpad deur die tweede helfte gelykop gemaak.

Burnley het nie net die Reds se lopie van 24 oorwinnings in sy fortress stopgesit nie, hy is ook die eerste span in 18 maande wat nie op Anfield afgeslag is nie.

Maar Klopp was ontevrede met Burnley se fisieke spel en het selfs met sy eweknie, Sean Dyche, hieroor koppe gestamp.

Klopp het net ná die wedstryd na die ref, David Coote, gehardloop om sy indrukke te gee – nie oor Robertson in die doelgebied neergevel is nie, maar oor Burnley se aggressiewe spel teenoor sy goalie, Alisson.

Probleem

“Hoe kan die ref toelaat dat drie ouens hom in die doelgebied hinder elke keer wanneer daar ’n corner is?” wou die Duitser weet.

“Dís mos nie hoe dit moet wees nie, maar vir die ref was dit duidelik nie ’n probleem nie. Dis waarom hy nie geblaas het nie.

“Sou ons 4-0 voorgeloop het, sou ek presies dieselfde gereageer het deur met die ref te gesels oor sy beslissings.

“Dis die probleem: Hoe kan hy toelaat dat dit heeltyd gebeur met die goalie in die doelgebied? Waar is die beskerming? Ek weet ons het gelykop gespeel, maar dit voel soos ’n nederlaag.”

Liverpool kan steeds Manchester City se rekord van 100 Engelse Premierliga-punte in ’n enkele seisoen verbysteek, maar dan moet hy ál drie sy oorblywende wedstryde, teen Arsenal, Chelsea en Newcastle, wen. – AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters