2 maande gelede
Kiwi’s wil punt maak
pasop ... Dane Coles en sy All Black-spanmaats wil Australië ’n ding wys.Foto: GALLO IMAGES  ~ 

DANE Coles sê die All Blacks wil Saterdag ’n punt maak.

Dis wanneer die huidige wêreldkampioen in die tweede Bledisloebeker-toets teen die Wallabies in Auckland te staan kom.

Coles word as die beste haker in die wêreld beskou.

Hy was ’n lid van die pak voorspelers wat baie van die blaam moet dra vir die vernedering van 26-46 in die eerste toets teen Australië in Perth.

Coles het aan AFP gesê: “Hulle was hongerder as ons en is desperaat om die Bledisloe Cup te wen.

“Ons sal introspeksie moet doen om uit te vind wat dit beteken om ’n All Black te wees.

“Ons kan nie wegskram daarvan dat ons attitude dalk nie reg was nie. Dit is wat so seer maak. Ons was nie geestelik reg ingestel nie.”

Regstel

Die nederlaag teen die Aussies het Nieu-Seeland se fans gerattle so kort voor die World Cup in Japan volgende maand begin.

Die span sal sake Saterdag dus wil regstel.

Coles sê: “Ons is gelukkig ons kry nog ’n geleentheid om vir almal in Nieu-Seeland te bewys hoe waardevol die Bledisloe Cup vir ons is.

“Dié span wil nie die een wees wat die Cup aan Australië moet oorhandig nie.”

Jack Goodhue sal na verwagting die toets weens ’n dyspierbesering misloop. Dit sal die weg baan vir Sonny Bill Williams om sy terugkeer te maak.

Die slot Scott Barrett sal na alle waarskynlikheid geskors word omdat hy net voor rustyd ’n rooi kaart vir gevaarlike spel gekry het.

Patrick Tuipulotu behoort hom te vervang.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters