6 dae gelede
Kiwi kla oor te veel Super-derbies
smile breed: Ben Smith (regs) is vol vreugde ná sy drie teen die Queensland Reds.Foto: getty images  ~ 

AS BEN Smith ’n besluit­nemer oor die toekoms van Superrugby se formaat was, sou sy eerste groot besluit wees om tuis- en wegwedstryde tussen spanne van dieselfde land te skraap.

“Ons moet maar net saamleef met die formaat soos dit nou is, want dis wat dit is tot die einde van die jaar,” het Smith gesê.

“In die toekoms moet daar egter veranderinge kom.

“Miskien kan dit weer ’n round-robin (elke span van elke land wat een keer teen mekaar speel) scenario word, maar daar moet eenvoudig verandering kom.”

Smith is nie die enigste All Black wat so voel nie.

Kieran Read, All Black-kaptein, het verlede jaar ook gal gebraak oor Superrugby se konferensie-formaat.

“Ek hou van die idee waar elke span jaarliks die kans kry om een keer teen mekaar te speel. Ons kan regtig nie met die huidige konferensie-formaat voortgaan nie,” het Smith aan Stuff.co.nz gesê.

Onoorwonne

Sanzaar, Superrugby se beheerliggaam, ontmoet binnekort oor veranderinge aan die kompetisie. Daar word verwag dat die Sunwolves van Japan nie meer volgende jaar sal deelneem nie.

  • Intussen moet Smith se Higlanders môre teen die onoorwonne Crusaders in Dune­din speel.

Vandag se Superrugbyaksie skop af met ’n kragmeting tussen die Chiefs en Hurri­canes in Hamilton.

Daarna speel die Brumbies en die Waratahs in Canberra se GIO-stadion teen mekaar voordat die Stormers die Jaguares vanaand op Nuweland in Kaapstad pak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters