5 dae gelede
Kessié se kans om te beïndruk
FRANCK KESSIÉ  ~ _GETTY IMAGES

LIVERPOOL sal verwag om vandag se Champions League- kragmeting op Anfield teen AC Milan te gebruik om ’n meer up-close en personal view te kry van sy transfer target van Milan, Franck Kessié.

Die 24-jarige speler van die Ivoorkus is tans ’n teiken van verskeie top-spanne in Europa.

Benewens Liverpool teiken Barcelona se manager, Ronald Koeman, ook die woelwater-speler om sy span se midfield te versterk.

Die Franse span Paris Saint-Germain staan glo ook reg om sy vet tjekboek uit te haal om Kessié se dienste te bekom.

Kessié moet nog sy kontrak hernu nadat hy Milan se nuutste aanbod van €6,5 miljoen (sowat R109 miljoen) per jaar van die hand gewys het.

Die feit dat Kessié ook as ’n vrye agent kan loop, maak die vooruitsig om sy dienste op te raap, net nog meer aanloklik.

Jürgen Klopp, bestuurder van Liverpool, soek nog die geskikte plaasvervanger vir Georginio Wijnaldum, wat na PSG geskuif het.

Milan se tegniese direkteur, Paolo Maldini, wil die Reds se bekroonde midfielder Thiago Alcântara in ruil hê vir Kessié wanneer Januarie se transfer window weer oopmaak.

Dit is dalk ’n ooreenkoms wat probleme kan skep vir albei spanne.

Klopp gaan beslis nie bereid wees om die Spanjaard ná net een seisoen te laat loop nie.

Die span van Anfield het nou ook die Barcelona-aanslag wat afgeweer sal moet word.

CHAMPIONS LEAGUE SE FIXTURES

VANDAG

Besiktas t Borussia Dortmund (18:45)

Sporting t Ajax Amsterdam (21:00)

Club Brugge t Paris Saint-Germain (21:00)

Manchester City t RB Leipzig (21:00)

Inter Milan t Real Madrid (21:00)

Liverpool t AC Milan (21:00)

Atlético Madrid t FC Porto (21:00)

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters