Verlede maand
Kermit word vereer
Kermit Erasmus  ~ Gallo Images

KERMIT Erasmus was gister een van twee Suid-Afrikaanse sokkerspelers wat die CAF Champions League se span van die week gehaal het.

Erasmus speel deesdae sy sokker vir Mamelodi Sundowns. Hy het aan die einde van die 2019-’20-seisoen besluit om Cape Town City vir die verdedigende Premier­liga-kampioen te verruil.

En tot dusver het die boorling van Gqeberha (Port Elizabeth) goed by sy nuwe klub ingeskakel.

Het ook een van Sundowns se doele in ’n oortuigende Champions League-oorwinning met 5-1 oor CR Belouizdad aangeteken.

Sy spanmaat Themba Zwane het ook die span van die week gehaal. Zwane het twee doele aangeteken.

Sundowns is ná dié sege bo in groep B met ’n 100%-wenrekord ná twee stryde.

Tans gaan dit maar broekskeur met die ander SA Champions League-verteenwoordigers, Kaizer Chiefs.

Die Amakhosi beleef tans ’n nagmerrie in alle kompetisies nadat Wydad Casablanca hulle met 4-0 geklop het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters