3 maande gelede
Keenen bly champ
toekomstige champs: Leerders van verskeie skole wat onder die vaandel van die Belharklub aan die Wes-Kaapse toernooi deelgeneem het. Kelvin Smith (senter voor. is dei hoofafrigter. Foto: MARK WARD  ~ 

KEENEN Jooste het sy titel as Wes-Kaapse o. 18-tafeltenniskampioen behou.

Jooste, ’n gr. 11-leerder aan die Hoër­skool De Kuilen, het in die skoolvakansie sy titel in die Wes-Kaapse toernooi in Saldanhabaai verdedig.

Jooste was in ’n groep van 20 spelers van die Belhar-tafeltennisklub wat aan die toernooi deelgeneem het.

Die klub, wat in die Ravensmead­gemeenskapsaal oefen, lok spelers van Khayelitsha, Nyanga en Mitchells Plain.

Kelvin Smith, hoof-afrigter by die klub, sê hy is baie trots op wat sy spelers vermag het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters