13 dae gelede
Kapstadt is baanbrekers
Seëvier: Ajax Cape Town se o. 14-span is die groot wenner van Kapstadt se Lucky Star-jeugtoernooi. FOTO’S VERSKAF  ~ 

EN NOU die room van Europa!

Dís die verwagtinge van sokkerliefhebbers wat dié naweek FC Kapstadt se jaarlikse Lucky Star Cup in Observa­tory bygewoon het.

Dié grassroots-sokkertoernooi was weer uitstekend georganiseer.

Dit het nie net verwagtinge oorskry nie. Vanjaar se weergawe het geskiedenis gemaak deur die Soweto-reuse, Kaizer Chiefs en Orlando Pirates, te lok en boonop die tafel gedek vir groter dinge in die toekoms.

Belangstelling

Al het Chiefs en Pirates albei hulle rieme styfgeloop teen die Kaapse jeugspanne, het hulle teenwoordigheid en professionele benadering hulle plaaslike rivals en fans in bewondering laat staar.

Tydens die bekeruitdeling het Zaid Omar, direkteur van die toernooi en voorsitter van FC Kapstadt, die fans omtrent in suspense gehou oor die name wat hy besig is om te lok vir 2020.

Volgende jaar sal reeds die toernooi se 10de bestaansjaar wees.

Omar het gesê: “Daar is baie belangstelling van klubs van Afrika en Europa.

“Ons is besig met twee Europese klubs wat favourites is onder Kapenaars. Watch this space ...”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters