6 dae gelede
Kapenaars speel vrot teen Titans
ashwell prince Foto: gallo images  ~ 

DIE Cape Cobras het Woensdag op Centurion gechoke.

Om met 10 paaltjies te verloor met dieselfde span wat net dae tevore soos ’n kampioen gespeel het, is ’n skande.

Wat ook al die verskoning is, die Cobras was bitter swak in die nederlaag teen die Titans.

Nou lê ’n klipharde paadjie voor vir die afrigter, Ashwell Prince, en sy span voordat hulle die uitspeelrondes kan haal.

Aviwe Mgijima (30), Zubayr Hamza (30) en Pieter Malan (30) was die enigste kolwers wat noemenswaardige bydraes gemaak het.

Ingeklim

Die boulers kon nie die tuisspan se kolwers pla nie.

Diego Rosier (92*) het omtrent met die wilgerlat onder die Cobras se boulers ingeklim.

Die Titans spog ná 7 wedstryde met 23 punte boaan die punteleer.

Gelukkig is die Cobras se volgende wedstryd op 21 Maart teen die Knights. Hopelik is die kaptein, JP Duminy, dan terug van sy nasionale verpligtinge.

Ondanks die nederlaag kan die Kapenaars nog die halfeindstryd haal.

Die Cobras is ná 8 games met 16 punte in die vierde plek.

Die enigste span wat hulle kan inhaal, is die Lions, wat 10 punte het.

As die Cobras hulle oorblywende twee wedstryde albei verloor, sal hulle nie vir die semi’s kwalifiseer nie. Die Lions moet wen om deur te gaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters