15 dae gelede
Kapenaars kry nie kans onder Baxter
Foto:  ~ 

DIS onpatrioties om Stuart Baxter en sy Bafana Bafana-span te curse vir hul Afrikabeker-kwalifiseringswedstryd teen Libië – maar dié Skot maak dat ’n mens amper nie anders kan nie.

Die tweede game van groep E word Saterdag 15:00 in die Moses Mabhida-stadion in Durban beslis.

Dat Baxter vir die hoeveelste keer nié eens een van die Kaapse talente oorweeg het nie, het die plaas­like sokkerpubliek beslis warm onder die kraag.

Nes sy voorgangers, bewys die Skot hy voel vere vir Kaapse talent en klubs.

Dis juis waarom jy soms die Suid-Afrikaanse nasionale breiers en hulle spanne jinx om te verloor.

Soms boycott jy dié span deur nie wedstryde te kyk nie omdat dit nié ’n ware weerspieëling van die reën­boognasie is nie.

Baxter het onlangs verseker dat sy twee jong aanvallende spelers, Phakamani Mahlambi en Lebogang Manyama, na die nasionale set-up sal terugkeer nadat hy hulle gedrop het vir die wedstryd­ teen Libië.

Hy kan dit doen met talent van Johannesburg, maar wat van die Kaap?

Boonop maak the powers that be sowel as Premier­liga-bestuurders nie juis kapsie teen Baxter se samestelling van sy span nie. Dis só verkeerd, maar tog word dit aanvaar wanneer dit by die nasionale sokkerspan kom.

Daar kan dus net gehoop word – vir sy onthalwe –Baxter weet wat hy doen om Suid-Afrika se kwalifisering te verseker vir volgende jaar se toernooi in Kameroen.

In sy verdediging het hy in Junie verlede jaar Bafana Bafana se kwalifisering met ’n indrukwekkende sege van 2-0 oor Nigerië op sy tuisveld afgeskop.

Baxter maak dit duidelik dié uitslag sal niks beteken as hulle nié gebruik maak van hulle tuisveldvoordeel en Libië ook troef nie.

“Aan vele fronte is dit ’n massiewe game vir ons,” het Baxter op ’n nuuskonferensie gesê.

“Die uitslag teen Nigerië sal onbelangrik beskou word as ons Libië nie klop nie.

“Dis ook belangrik om aan te hou punte insamel. Sien, as ons dit doen, is die groep so te sê done en dusted voor ons nog die laaste wedstryd speel.”

’n Sege vir Baxter-hulle sal hulle die topposisie in groep E gee.

Bafana Bafana se goalie Ronwen Williams het intussen gesê hulle sien beslis uit na Saterdag se stryd.

“Ons wil maksimum punte insamel en op ’n positiewe noot begin om laas jaar se teleurstelling te try oorbrug,” het Baxter gesê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters