9 dae gelede
Kans vir Helman
IN BEHEER: Helman Mkhalele sal Bafana Bafana op die veld lei.  ~ Gallo Images

HELMAN Mkhalele, in sy speeldae vir Orlando Pirates en Bafana Bafana bekend as die “Midnight Express”, sal hoop om vandag die wiele aan die rol te sit in sy loopbaan as senior internasionale sokkerafrigter.

Die 51-jarige Mkhalale sal in die Orlando Stadium in Soweto vir die eerste keer in beheer van die nasionale span wees wanneer Bafana Bafana en Uganda in ’n friendly koppe stamp.

Met talle spelers, en nou ook die ander hulpafrigter, Cedomir Janevski, wat hulle weens Covid-19 aan die span moes onttrek, gaan daar nie veel wees om oor opgewonde te raak nie.

Bafana Bafana se nuwe afrigter, Hugo Broos, is ook nog in België waar hy wag op sy tweede Covid-19-inenting. Dit bied Mkhalele, wat voorheen in beheer van die SA o. 20-span was, die ideale kans om die kollig te steel.

Boodskap

’n Mens kan net hoop dat Mkhalele ’n bietjie van die geesdrif wat hy as speler getoon het, aan sy spelers kan oordra.

Met ’n aantal tospelers wat nie beskikbaar is nie, sal daar talle spelers in die groep wees wat ’n boodskap aan die nuwe Bafana Bafana-bestuur wil uitstuur.

Maar vir eers is die oë op Mkhalale gerig!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters