10 maande gelede
‘Kallie' was die real deal
Liefde blom nog: Carl Solomons en sy vrou, Deborah, is al 40 jaar bymekaar.  ~ Jonathan Lestrade

LEGENDES word gewoonlik op die sportveld gebore.

In Carl “Kallie” Solomons se geval was dié Kaapse sokker hero van yesteryear egter reeds ’n legende toe hy op 1 September 1958 in Seepunt gebore is.

Want enige een wie se paaie met ou “Baardbek” s’n gekruis het, sal getuig hy is ’n ware gentlemen. The full package, soos die Engelsman sal sê.

Dit was Solomons se professionele benadering, op en van die veld, wat van hom ’n gevreesde spelers gemaak het.

Dit was in ’n era toe apartheid nog aan die orde van die dag was.

Solomons, wat sy tande by Sea Point Swifts geslyp het, is ook een van die eerste spelers van kleur wat vir Cape Town City uitgedraf het.

Frank Lord, dié span se coach­, was beïndruk met Solomons se talent, want hy was ’n ghoen op die veld: ’n Speler wat ’n punch gepack het en goalies se vingers warm geskop het.

Solomons, wat in die vroeë 1980’s ook vir die Westelike Provinsie gekies is, herleef een van die mees memorable oomblikke van sy roemryke loopbaan.

Gescore

Hy onthou: “Dit was die 1981 final, waarin ons die underdogs was teen die WP Board-span, wat as die super dog beskou is.

“Ons het hulle met 3-0 geklop en ek het ook ’n screamer van ’n goal gescore – ek onthou dit baie goed.

“Hulle het al die stars en big names gehad. Ons het bestaan uit jong, ontluikende maar gedugte talent soos Melvin Paulse, Mogamat de Goede, Peter Valentine, William Anderson en andere.

“Ons is ook afgerig deur Mr. AB Jacobs. Ons het daai gedugte seniors lekker gewys wie eintlik baas is.

“Nog ’n game wat ek onthou, is toe ons in 1982 die Junior Challenge-kampioen was. Die ander span was ook ’n kam­pioen. Dit was ’n final in Athlone.

“Hulle het ons met 6-3 geklop. Teen rustyd was hulle met 4-0 voor. In die tweede helfte het ons dinge omgedraai.”

Solomons skerts: “Ons het egter drie doele aangeteken en hulle kon net twee kry. So, hulle het die eerste helfte gewen en ons het die tweede helfte met 3-2 gewen.”

In 1986 het Solomons die kans gekry om beroepsokker vir Bush Bucks te speel. Dis ’n kans waarvan enige speler van die ghetto net kon droom.

Solomons vertel: “Jy sien, ek en my vrou, Debbie, het jonk getrou. Ek moes kies tussen my loopbaan en my gesin.

“Ek het toe besluit om die plunge te vat en ’n toekoms met haar te bou. Dis nou 40 jaar later en ons staan nog sterk, ondanks die challenges.

“Ek kon mos nie ’n loopbaan uitkerf in sokker en my loved ones net so agterlaat nie.

“Ek dink dis omdat ek nie deur geld gedrewe is nie. Ek het vir die love en passion daarvan gespeel.”

Dié pa van vier dogters en nege kleinkinders meen dis moeilik om ’n speler uit te sonder wat destyds kop en skouers bo almal uitgestaan het.

Solomons sê: “Dis regtig moeilik, want daar was soveel gedugte spelers. Ek was blessed om in daardie era saam met goeie ouens te kon speel.”

Solomons sê jong spelers wat eendag pro sokker wil speel, móét die drie D’s onthou: discipline, dedication en determination. “Desire volg outomaties wanneer jy reg is,” sê hy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters