2 maande gelede
Kaapse spanne trek swaar in NFD
WAAR'S DIE BAL? Kegan Johannes van Spurs probeer die Universiteit van Pretoria se Siyanda Msani fnuik in ’n liga-wedstryd.  ~ Backpagepix

DIE kanse lyk maar skraal vir ’n span van die Kaap om vanjaar ’n aanslag op promosie na die Premierliga te maak.

Dit is omdat die gevaarligte reeds vroeg begin flikker het vir twee van die vier spanne.

Cape Town Spurs (15de) en Steenberg United (14de) vry al klaar met die relegasiespook.

Boonop speel Cape Umoya United (8ste) en Cape Town All Stars (10de) ook nie juis die liga aan die brand nie.

Dié duo sal moet keer dat hulle nie verder op die punteleer afsak nie.

Umoya en Stars het mekaar die naweek in ’n Kaapse derby uitgekanselleer toe hulle met 0-0 gelykop gespeel het.

Uitdagend

Ongelukkig het Spurs en Steenberg albei kleigetrap in hul wedstryde teen AmaTuks en Pretoria Callies onderskeidelik.

Spurs en Steenberg is juis eerskomende Sondag slaags in ’n derby wat straks een van die spanne se lot kan bepaal.

Die ding is dat sake uitdagender word in die tweede ronde in die sogenaamde grave yard-liga waar Kaapse spanne ’n groot onreg aangedoen word wat die ref se beslissings betref.

Roger de Sá (coach) se Umoya-elftal sal op sy beurt probeer op die 11de geplaaste Uthongathi in sy spore te stuit.

CT All Stars kan hul persoonlike aanslag met meer selfvertroue pak en ’n groot hupstoot gee as hulle een van die aanspraakmakers, JDR, in die Soshanguve-stadion’n knou kan toedien.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters