7 dae gelede
Kaapse klubs in T20-reeks
hier komme ding... Ashwell Prince, JP Duminy, Punit Balan (borg), Nabeal Dien (uitvoerende hoof van die WPKU), Dane Piedt en Beresford Williams (president van die WP-Krieketraad) is die kern van die CPL.Foto: MARK WARD  ~ 

DIE Westelike Provinsie-Krieketunie (WPKU) gaan sy eie weergawe van die Indiese Premierliga (IPL) by sy klubprogram inwerk.

Die uitvoerende hoof van die WPKU, Nabeal Dien, het Woensdag bekend gemaak dat die Cape Premier League (CPL) voortaan aangebied sal word.

Dis ’n Twintig20-toernooi waaraan ses spanne sal deelneem. Dit sal in April begin.

Dien sê Ziyaad Desai is die meesterbrein agter die idee.

Hy sê Desai het welslae behaal met soortgelyke kompetisies in Lenasia (naby Johannesburg) en Durban.

Dien sê ál ses spanne is reeds verkoop en die eienaars sal binnekort op spelers kan bie, nes in die IPL.

Wedstryde sal ook regstreeks op die internet uitgesaai word.

Dien sê die spanne sal bestaan uit hoofsaaklik klubspelers en dan aangevul word met Cobra- en WP-spelers.

Hy meen veral die klubspelers sal voordeel trek daaruit.

Hy sê: “Ons is oortuig daarvan dat die kompetisie die landskap van die spel sal verander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters