8 dae gelede
Kaap-Derbies kort spice
TAARIQ FIELIES  ~  Foto’s: backpagepix

KAAPSE sokkerderbies het oor die jare hul glitz en glamour verloor.

Een van die Moederstad se sokkerlegendes, Farouk Abrahams, is aan die vooraand van die Premierliga-derby tussen Cape Town City en Stellenbosch FC, hieroor gepols.

Dié top-spanne van die Kaap pak mekaar Saterdag in die Athlone Stadium in die seisoen se eerste groot sokkerskouspel.

Abrahams, wat in sy bekroonde loopbaan alles gesien het, meen dié fixture is deesdae maar net nóg ’n wedstryd op die kalender.

“Wanneer spanne kompeterend is en daar honours op die spel is, word sulke wedstryde opgespice,” het Abrahams verduidelik.

“Maar deesdae is die sokker van ’n swak gehalte. Ons moet eerlik wees wanneer ons hieroor gesels. Ons moet nie dinge probeer sugar-coat nie.

“Daar is niks entertainment value nie. En dit is waarom die crowds (dis nou voor die Covid-inperkings) nie na dié games gestroom het nie.

“Dit is eintlik ’n jammerte, want die spelers word so baie geld betaal, maar hulle kom nie die mas op vir die fans nie.

“Dit is omdat die standaard swak is.

“Indien die produk nie van ’n goeie gehalte is nie, gaan mense nie belangstel nie,” het Abrahams uitgewys.

Die voormalige goalkeeper coach van Bafana Bafana sê egter hy sien uit na die tweestryd tussen die Citizens se Taariq Fielies (29) en Stellies se woelwater-doelskieter Waseem Isaacs (30).

“Waseem speel soos een van daai old school strikers wat deurentyd die centrebacks besig hou. Hy is honger vir werk en is ’n wenner.

“Hy is ook ’n striker wat met sy rug na die pale speel en dit nog self moeiliker maak vir verdedigers.

“Dit gaan interessant wees om te sien hoe Fielies hom in toom gaan probeer hou.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters