3 dae gelede
JP ’n vername skakel
JP Duminy  ~ Gallo Images

JP DUMINY gaan in vanjaar se Mzansi Superliga (MSL) ’n waardevolle speler vir die Paarl Rocks wees.

Só meen Duminy se kaptein by die Rocks, Faf du Plessis.

Hy is nie net Suid-Afrika se voorste lopiemaker en mees ervare speler in T20’s nie, sê Du Plessis, maar op 35-jarige ouderdom sal hy baie bydra in terme van ervaring én kalmte.

Duminy het die eerste MSL verlede jaar weens ’n handbesering misgeloop en toe as ’n kommentator opgetree.

Du Plessis sê: “JP voeg baie waarde toe tot die groep. Nie net op die veld nie, maar ook van die veld.

Skerms

“Hy is vir my ’n persoonlike klankbord en hy deel baie van sy wysheid met my.

“Agter die skerms werk hy baie saam met veral die jonge­linge en staan baie van sy tyd af aan hulle.

“So, sy rol van die veld af is net so belangrik vir ons.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters