14 dae gelede
José paai baas om Brasiliaan te koop
Jose Mourinho
Jose Mourinho  ~ PA Media

JOSÉ Mourinho, Tottenham se manager, reken hy het net een versoek vir die transfer window in Januarie.

Dit is om die dienste van Real Madrid se Brasiliaanse centre-back Éder Militão te bekom.

Militão kry tans beperkte speelkans by Real. Hy bevind homself vierde in die pecking order ná  Raphael Varane, Sergio Ramos en Nacho.

Mourinho is egter ook bewus van die finansiële beperkings wat die Covid-19 pandemie op die aankoop van spelers geplaas het.

Met dít in gedagte het die Portugees sy baas en voorsitter van Spurs, Daniel Levy, verseker hy kort net een speler om sy legkaart te voltooi en ’n groot aanslag op dié seisoen se Engelse Premierligatitel (EPL) en ander silwerware te maak.

Spurs het reeds sy plek in die eindstryd van die Carabao Cup verseker en is tans vierde op die EPL-punteleer – vier punte agter voorloper en verdedigende kampioen, Liverpool.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters