3 maande gelede
José mor oor United-kanse
haibo! José Mourinho en sy Red Devils het Sondag hul rieme styfgeloop teen die Magpies. Foto: GALLO IMAGES  ~ 

JOSÉ Mourinho, die bestuurder van Manchester United, het erken sy span kon vir nog tien ure teen Newcastle Unit­ed gespeel het en die uitslag sou dieselfde gebly het.

Mourinho se frustrasie kom nadat die Red Devils talle kanse verspeel het in Sondag se nederlaag van o-1 teen Newcastle op St. James’s Park.

Matt Ritchie se doel halfpad deur die tweede helfte het bygedra tot United se vyfde nederlaag van die seisoen.

Die nederlaag beteken ook dat Mourinho-hulle nou 16 punte agter die voorloper – Manchester City – is in die titel-wedloop.

“My uitspraak is ons kon tien uur lank hier gewees het en steeds nie ’n doel aangeteken het nie,” het Mourinho gesê.

“Hulle het die blaps in ons verdedigingslinie uitgebuit en daardeur sukses behaal.

“Hulle moet seker ongelooflik voel nadat hulle so baie moeite in die stryd gesit het.

“Hulle het geveg vir hul punte. Hulle het ook hul lewens opgeoffer om nie ’n doel af te staan nie.

“Ek dink dis ’n mooi manier om die wedstryd te wen.”

Mourinho reken hulle kon die stryd beklink het met die telling op 0-0.

“Alexis (Sanchez) het ’n kans voor die doelhok gehad en vele ander kanse in die laaste 20-25 minute.

“Die dubbele mis van (Anthony) Martial in die laaste minuut is ongelooflik,” aldus Mourinho.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters