Verlede maand
JK se seun oppie bôl
TROTS: Niko Kirwan saam met sy pa en ma, John en Fiorella, en suster Francesca.  ~ Getty Images

DIE All Blacks-legende sir John Kirwan borrel waarskynlik vandag nog van trots.

Dít nadat dié legendariese vleuel se seun, Niko, ook begin naam maak het in die internasionale sportwêreld.

Niko speel egter nie soos sy pa rugby nie. Hy het verkies om in sokker sy heil te gaan soek.

Niko (26) is onlangs opgeroep na Nieu-Seeland se nasionale sokkerspan. Hy het dié kans Dinsdag aangegryp toe hy die All Whites gehelp het om ’n World Cup qualifier te wen.

Hy het as plaasvervanger opgekom teen Bahrein en met ’n akkurate kopskoot die wendoel in ’n sege van 1-0 aangeteken.

Dit was net Niko se tweede wedstryd vir die All Whites. Hy het die afgelope Sondag se debuut gemaak in Nieu-Seeland se sege van 2-1 oor Curaçao.

Niko sê: “Dit voel unreal. Ek was klaar net gelukkig met die insluiting en wou coach Danny (Hay) en die bestuurspan wys waartoe ek in staat is. Ek het nooit gedink ons sou twee wedstryde wen en dat ek nog in een van hulle die wendoel sou behaal nie.” – Reuters

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters