8 maande gelede
Jimmy hoopvol
HET JOU! Die Bulls se MornĂ© Steyn (agter) probeer Ali Mgijima (grond) van die Pumas stuit.  ~ Backpagepix

JIMMY Stonehouse is oortuig sy Pumas het genoeg gedoen in hul ontwrigte Curriebeker-veldtog om deel uit te maak van SA Rugby se nuwe reeks.

Dit gons behoorlik in die media oor die Franchise Cup, die nuwe toernooi wat SA Rugby op die been gebring het. Dit begin volgende maand.

Franchises soos die Bulls, Lions, Stormers, Sharks en Cheetahs staan reg om met die toernooi te begin.

Intussen is daar egter verwagtinge dat SA Rugby die toernooi van vyf na agt spanne gaan vergroot.

Dit sal spanne soos die Pumas, Griekwas en die South­ern Kings die geleentheid bied om aan die nuwe kompetisie deel te neem.

Stonehouse en sy troepe het verras toe hulle die Bulls Sondag in die Mbombela-stadion in ’n Curriebekerwedstryd met 44-14 kafgedraf het.

Hoop

Hy verwag SA Rugby vat note van hul vordering.

“Ek hoop regtig ons gaan deel wees van die kompetisie, wat binne die volgende paar weke begin,” het Stonehouse bygevoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters