12 dae gelede
Jantjies storm nog 2 jaar saam
JOHANNESBURG, SOUTH AFRICA - JANUARY 19: Herschel
Herschel Jantjies  ~ Gallo Images

Die Stormers het ’n groot  hupstoot gekry met die nuus dat Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies sy kontrak met twee jaar verleng het.

Dit beteken dat Jantjies ten minste tot die einde van 2022 by die Kaapse franchise gaan aanbly.

Die boorling van Kylemore, het die Westelike Provinsie vanaf o.16-vlak deur die ouderdomsgroepe verteenwoordig.

In 2017 het hy sy senior provinsiale debuut gemaak.

Aaan die begin van die 2019-seisoen, het hy sy buiging vir die Stormers gemaak.

Die dinamiese skrumskakel het vinnig opgang gemaak en ’n ongelooflike seisoen beleef wat toe hy laas jaar in November die William Webb Ellis-beker met sy Springbok-spanmaats in Japan gewen het.

John Dobson, afrigter van die Stormers sê dit is ’n aansienlike hupstoot om ’n speler van Jantjies se kaliber te kan behou.

Dobson sê: “Herschel is ongetwyfeld een van die beste suksesverhale in die Westelike Provinsie Rugby in die onlangse verlede. Afgesien van sy aansienlike vaardigheid en toewyding, is hy presies die tipe karakter wat ons in ons omgewing wil behou.

“Hy is ’n plaaslike seun wat deur ons junior stelsel gekom het en die afgelope jaar ongelooflike vordering gemaak. Hy word tans as een van die beste skrumskakels in die wêreld te beskou.

“Om Herschel vir die volgende twee jaar op ons boeke te hê, is ’n geweldige hupstoot in ’n tyd waarin ons almal goeie nuus nodig het.’

Jantjies sê hy sien daarna uit om nog groter hoogtes met die Stormers en die Westelike Provinsie Rugby oor die volgende twee jaar te bereik.

“Dit was altyd my droom om vir hierdie span te speel. Ek is uiteraard baie bly dat ek my droom kan voortleef.

“Ek glo dat ons saam met die spelers en afrigters wat ons hier het, almal wonderlike dinge kan bereik,’ het hy bygevoeg.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters