24 dae gelede
#KYK: Jantjies & Jantjies vs. Jantjies
Elton Jantjies het raad vir sy spanmaats oor wat om in Japan te verwag. Foto: Gallo Images  ~ 

NAGOYA. – Elton Jantjies is opgewonde met die twee spanmaats wat hy langs hom gaan hê wanneer Suid-Afrika en Namibië mekaar Saterdag hier in die Toyota-stadion gaan aandurf.

Die Springbok-losskakel gaan sy naamgenoot, Herschel Jantjies, langs hom in die nr.9-trui het, met die ervare Frans Steyn in die nr.12-trui.

Elton het oor sy skakelmaat gesê: “Herschel is my kamermaat, so het mekaar redelik goec geleer ken.   Ek het altyd gesê Herschel is ’n spesiale speler. Hy is ’n jong speler wat baie ambisieus is. Elke keer wannneer hy ’n geleentheid gekry het, het hy dit aangegryp. Hy groei ook elke kry wanneer hy op die speelveld kom.

Die 29-jarige boorling van Graaff Reinet het tot dusver 35 toets vir Suid-Afrika gespeel. Hy sien uit daarna om vir die eerste keer vir Steyn langs hom op binnenester te hê.

“Frans het my gesê sy rug en sy knieë bly seer,” het Jantjies grappenderwys gesê.

“Maar Franna (Steyn) laat jou altyd gemaklik voel. Hy hou van jokes maak, maar wanneer daar ’n job is om te doen is hy baie goed.  Dit is great om so ‘n veelsydige ou in die groep te hê. Hy het baie ervaring. En al is hy ’n ou toppie, speel hy nog soos ’n youngster en bring baie energie na die groep.”

Die derde Jantjie wat Saterdag op die veld gaan wees, is Namibië se deurwinterde skrumskakel, Eugene Jantjies.

Elton het oor die ervare nr.9 gesê: “Hy is beslis nie familie nie. Al wat ek weet hy is die mees ervare speler in hul span. Dit is eintlik sy vierde World Cup. Hy ken al die tricks van die trade en gaan uiteraard ’n groot uitdaging vir ons bied.

“Dit gaan ’n Afrika-derby wees. Hulle sal wil bewys dat hulle ook op die vlak kan speel. Ons sal dus geestelik en fisiek vir die game moet opdaag,” het Jantjies bygevoeg. 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters