Verlede maand
James Small glo in seksklub voor sy dood
James Small. Picture: Neal Simpson / Getty Images  ~ 

Die stoutseun van rugby in die land is kaal en bewusteloos in ‘n seksklub gekry.

So berig Rapport oor die voormalige Springbok James Small, wie Woensdag dood is.

Na bewering sê ‘n bron, wie Dinsdagaand vir ‘n ander voorval by die Life Bedford Gardens-hospitaal was, “daar het ‘n vrou ingestorm gekom en gesê ‘n kliënt van haar klub is in die kar”.

Die Sondagkoerant berig verpleegsters moes glo ‘n laken oor Small gooi voor hulle hom uit die voertuig gehaal het.

‘n Ooggetuie, wie anoniem wil bly, het aan die koerant vertel ‘n man, wie homself as ‘n Uber driver identifiseer het en saam met die vrou die hospitaal in is, het glo twee verskillende weergawes gegee.

Die ooggetuie sê Small is kaal in die vrou se badkamer gekry, nadat sy ‘n Uber bestel het.

Die twee het ook stry gekry oor wie die hospitaalvorm moet teken.

Die vrou het toe genoem sy moet vir “Steven” bel.

Kort daarna het ‘n man, wie glo Steven is, by die hospitaal aangekom met Small se selfoon, laptop, notaboek en beursie. 

Die polisie moes ook glo intree toe die drie aan die stry raak, met die man wie glo Steven is wie ‘n vuurwapen rond geswaai het.

Rapport berig Uber sê hulle kon geen rekord van ‘n trip na die Life Bedford Gardens-hospitaal Dinsdagaand in Bedfordview kry nie.

Die koerant berig verder dat die polisie sonder enige sukses probeer om Small se selfoon te unlock.

Kennisgewings kan wel gesien word van drie bedrae van R1000 elk wat die aand uit sy rekening onttrek is.

‘n Vriend van Small sê hy het glo die geld onttrek.

Kapt. Mavela Masondo, ‘n polisiewoordvoerder, bevestig daar is ‘n ondersoek na die omstandighede van Small se dood en die polisie wag op ‘n toxicology verslag.

Intussen het ‘n familiewoordvoerder Saterdag aan Sport24 bevestig dat die 50-jarige Small aan ‘n hartaanval dood is.

“Die uitslag van ‘n nadoodse ondersoek Vrydagmiddag bevestig die oorsaak van dood is ‘n isgemiese hartaanval.

“Omdat James wel bekend was verstaan ons die media en publiek se belangstelling.

"Die James wie ons ken het foute gemaak. Hy het wel ook verantwoordelikheid vir sy foute geneem."

Volgens die verklaring vermoed die polisie vuilspel nie en vra die familie dat hul privaatheid gerespekteer word. 

Small se begrafnis is intussen Donderdagmiddag 14:00 in Johannesburg wees.

Die plek was teen druktyd nog nie bevestig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters