5 maande gelede
James O' Connor terug by die Reds
SALFORD, ENGLAND - DECEMBER 23:  James OConnor of
James O' Connor laas jaar in aksie vir Sale Sharks  ~ getty images

JAMES O' Connor, die verlore seun van Australiese rugby, gaan weer in sy geboorteland speel.

Die Superrugbyspan, die Reds, het aangekondig dat O' Connor 'n kontrak van twee en 'n half jaar met hulle gesluit het.

Dié  aankondiging kom ná O'Connor hom laas week uit die toetsrugby-wildernis by die Wallabies se oefengroep in Johannesburg aangesluit het.

Hy het ses jaar laas die goue trui oor sy kop getrek. 

"Ek is dankbaar dat ek weer so 'n geleentheid kon kry," sê die 29-jarige.

"Daar het baie werk ingegaan agter die skerms en baie ouens het vertroue in my gewys. So al waarop ek nou fokus is om my beste voet voor te sit."

O'Connor was maar net 23 jaar oud toe die Wallabies sy kontrak in 2013 opgeskeur het na hy verbied is om 'n vlug van Perth na Bali te haal omdat hy dronk was.

Hy en die voormalige All Black Ali Williams is ook in 2017, toe hulle nog vir Toulon gespeel het, in Parys met kokaïen betrap.

"Ek was op 'n reis om my ware self te verstaan en hoe ek veronderstel is om my bevoorregte posisie in rugby te gebruik," sê O'Connor.

"Ek sien nou dat rugby 'n gawe is en dat ek my reis terug gebruik om ander jong mans, wat ook dalk verlore in die wêreld is, te inspireer."

Scott Johnson, direkteur van Rugby Australië, sê dit is nou tyd vir O'Connor se rugby om die praatwerk te doen.

"Hy het grootgeword en verstaan die leierskapsrolle op en van die veld af," sê hy. - Sport24


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters