Verlede maand
Jamal laat tonge klap, rekords spat
Jamal Musiala  ~ Reuters

DIT was ’n aand van rekords vir Jamal Musiala en sy klub, Bayern Munich, toe hulle Lazio Dinsdag in Rome met 4-1 kafgedraf het.

Die verdedigende kampioen was in ’n verwoestende bui tydens die eerste been van die Champions League se ronde van die laaste 16 spanne in die Stadio Olimpico.

Musiala, wat in Duitsland gebore is en Engeland op jeugvlak verteenwoordig het, is op 17 jaar en 363 dae die jongste Engelse doelskieter tot nog toe wat in die Champions League sukses behaal.

Musiala het gister aangekondig hy gaan voortaan die Duitse nasionale span verteenwoordig.

Musiala het Alex Oxlade-Chamberlain onttroon as die jongste Engelse scorer in die kompetisie.

Oxlade-Chamberlain het die kroon in September 2011 gekry op 18 jaar en 44 dae.

Musiala is ook nou Bayern se jongste striker tot nog toe wat in dié gesogte klubkompetisie ’n doel kon aanteken.

Agtereenvolgende

Bayern se doelevraat, Robert Lewandowski, wat die eerste doel gekry het, het ook ’n persoonlike mylpaal in die kompetisie behaal.

Hy het in die derde plek gelyk getrek met die Real-legende Raúl González (71 doele). Net Cristiano Ronaldo van Juventus (134) en Barcelona se Lionel Messi (119) het meer doele agter hul naam.

Dit was die 18de agtereenvolgende wedstryd sonder ’n nederlaag vir Bayern in die Champions League. Hiervan was 17 oorwinnings.

Die Duitse kampioen is in ’n dominante posisie voor die tweede wedstryd in München op 17 Maart.AP, BBC Sport

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters