11 dae gelede
Jake is Bulle se nuwe baas
Jake WhiteFoto: Gallo Images  ~ 

DIE Blou Bulle het bevestig Jake White het geteken as hulle nuwe direkteur van rugby.

Die voormalige Springbokafrigter se kontrak duur tot die 2023 Rugby World Cup in Frank­ryk.

Die Wêreldbeker-wenner van 2007 neem oor by Alan Zondagh, wat die pos vroeër vanjaar ontruim het.

White het onlangs Toyota Verblitz in Japan afgerig. Hy sluit by die Bulle aan met meer as vier dekades se afrigtingservaring.

Gerespekteer

Sy wêreldwye ervaring op die hoogste vlakke, veral in Superrugby (as die voormalige hoofafrigter van die Sharks sowel as die Brumbies), behoort die Bulls te bevoordeel.

Die 56-jarige White het sy gretigheid uitgespreek om die bal aan die rol te kry: “Die Bulls se handelsmerk was nog altyd ’n groot krag in rugby.

“Dit word wêreldwyd gerespekteer.

“Hier is ’n wonderlike geskiedenis en erfenis.

“Ek sien uit daarna om my bydrae te lewer tot die Bulle se nalatenskap.

“Die aandeelhouers, Remgro, Patrice Motsepe en die BBRU, asook die personeel, het ’n ongelooflike ambisie om die Bulls nie net terug te neem na nommer een nie; hulle wil ook die gesig en pasaan­geërs van rugby in die land wees.”

Alfonso Meyer, uitvoerende hoof van die Blue Bulls-maatskappy, het ook sy gevoel oor White se aanstelling gedeel.

“Ons is baie opgewonde oor Jake se besluit om by ons aan te sluit. Sy rekord spreek boekdele.

Verbeter

“Ons weet sy bydraes sal ons rugby verbeter.

“Ons is vol vertroue dat Jake se aanstelling ’n stap in die regte rigting is.

“Ons probeer om hierdie handelsmerk in ’n nuwe era in te neem.

“Ons wens hom alle sterkte toe met sy nuwe rol,” het Meyer gesê.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters