2 maande gelede
Jacques wil bestes pak
GEDUG: Onesie is gereed om die land se beste langasems aan te durf.Foto: PAULINE HERMAN  ~ 

DIE Baaise afrigter Jacques Strydom het twee langasems ingeskryf vir die R1,25 miljoen Gold Cup.

Dit word Saterdag 27 Julie oor 3 20 m op Greyville beslis.

Strydom word as die langasemkoning van die Baai beskou.

Sy hoop is dat Frikkie en Onesie die finale lys deelnemers sal haal.

Albei is op Fairview staat­makers oor die lang afstande.

Ander inskrywings is onder meer Roy Had Enough, Made To Conquer, Doublemint, Elusive Silva, Walter Smoothie, Strathdon en Shenanigans.

Uitdaging

Dít wys ’n enorme uitdaging wat op die Strydom-tweetal wag as hulle die paal sou haal.

In die R750 000 Premiers Champion Stakes oor 1 600 m het Gavin Smith Bhaltair ingeskryf.

Hy het sy enigste wedren gewen.

En in die R750 000 Thekwini Stakes oor 1 600 m het Yvette Bremner Blushing Bride in­geskryf.

Dit is ’n positiewe stap dat die Baaise afrigters die bestes in Suid-Afrika aandurf.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters