14 dae gelede
Ismail, Chetty bly tuis
shabnim IsmailFoto: gallo images  ~ 

DIE Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan kom vandag sonder twee van sy staat- makers aan op die Wes-Indiese Eilande.

Dis omdat Shabnim Ismail en Trisha Chetty hulle aan die toerspan onttrek het.

Ismail se pa is ernstig siek en Chetty het las van ’n rugbesering.

Die 19-jarige Faye Tunnicliffe vervang Chetty, maar die keurders het nie ’n plaasvervanger vir Ismail gekies nie.

Tunnicliffe is die Westelike Provinsie se paaltjiewagter-kolwer.

Tunnicliffe is een van vier nuwelinge in die groep. Die ander is Tumi Sekhukhune, Robyn­ Searle en Saarah Smith.

Suid-Afrika kon nie vir ’n beter proeflopie voor die T20 Wêreldbeker-krieket­toernooi (WB) gevra het nie.

Toestande

Dis omdat die T20 WB in November ook op die Wes-Indiese Eilande gespeel word.

Die Proteas speel drie eendaagse en vyf T20-wedstryde teen die Windies.

Die span se kaptein, Dané van Niekerk, sê: “Ons sal een van ons teestanders (in die WB) beter leer ken en terselfdertyd aan die toestande gewoond raak.”

) Die groep is: Dané van Niekerk (k, OP), Chloe Tryon (KwaZulu-Natal), Laura Wolvaardt (WP), Lizelle Lee (Noordwes), Suné Luus, Mignon du Preez (albei Noordelikes), Marizanne Kapp (OP), Raisibe Ntozakhe (Gauteng), Masabata Klaas (Noordwes), Zintle Mali (Grens), Robyn Searle (Gauteng), Tumi Sekhukhune (Oostelikes), Faye Tunnicliffe, Saarah Smith (albei Westelike Provinsie).

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters