5 dae gelede
Irak kap Dick ná flou spel
Dick Advocaat  ~ Getty Images

DIE ervare Nederlandse manager Dick Advocaat het bedank as afrigter van Irak nadat hy g’n enkele oorwinning in ses Wêreldbeker-uitdunwedstryde in sy drie maande in beheer van dié span behaal het nie.

Die 74-jarige wat ook al drie keer bestuurder van Nederland was, sal nou deur Željko Petrovic van Montenegro vervang word vir die Arabiese Beker-toernooi.

Petrovic sal egter self net die interim-bestuurder wees totdat ’n permanente plaasvervanger gevind word.

“Die Irakse Sokkervereniging het die bedanking van die hoofafrigter, Dick Advocaat, aanvaar,” het Ahmed Zamil, woordvoerder van die liggaam, in ’n verklaring op Facebook gesê.

“Advocaat het sy diepe spyt uitgespreek oor die teleurstellende uitslae aangesien hy gehoop het om die nasionale span na volgende jaar se Wêreldbeker-eindtoernooi te lei.

Advokaat het gesê: “Die verwagtinge het nie gestrook met die moontlik­hede nie.” AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters