7 dae gelede
IPL sê nee vir wedstryde in SA
ster: MS Dhoni laas jaar in aksie in die IPL. Foto: getty images  ~ 

DIE Indiese Premierliga (IPL) gaan nie weer ’n Suid-Afrikaanse draai maak nie.

Daar is aanvanklik berig dat Suid-Afrika ’n tweede keer sommige wedstryde in dié gewilde krieket­kompetisie sal aanbied.

Die IPL het in 2009 die verbeelding van Suid-Afrikaners aangegryp toe wedstryde oral in die land gespeel is.

Die Indiese Krieketraad (BCCI) wou die kompetisie in ’n ander land aanbied omdat dit bots met nasionale verkiesing.

Dit kan egter nou in Indië aangebied word nadat die BCCI gereël het dat dit vroeër­ begin.

Dit beteken ook dat internasionale spelers vroeër beskikbaar sal wees vir hul lande se voorbereiding vir die Wêreldbeker-toernooi.

Verskeie Suid-Afrikaanse spelers sal in die toernooi in aksie wees. – Sport­redaksie


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters