12 dae gelede
IOK gekritiseer oor Spele in Japan
Kaori Yamaguchi  ~ Gallo Images

’N SENIOR Japanse Olimpiese beampte het die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gekritiseer omdat hy sy landgenote se besorgdheid oor die aanbied van die Spele in Tokio in die tyd van die Covid-19-pandemie geïgnoreer het.

In die sterkste besware van die Olimpiese beweging tot dusver het Kaori Yamaguchi, ’n uitvoerende lid van die Japanse Olimpiese Komitee (JOC), gesê Tokio is, ondanks die groot openbare teenkanting, in ’n hoek gedruk.

“Ons is vasgevang in ’n situasie wat ons nie kan stop nie,” skryf Yamaguchi in ’n artikel wat deur die Kyodo-nuusagentskap gepubliseer is.

“Ons word verdoem as ons dit doen en verdoem as ons dit nie doen nie.”

Yamaguchi, ’n voormalige judo-wêreldkampioen wat ’n bronsmedalje by die Olimpiese Spele in 1988 in Seoul verower het, voeg by: “Waarvoor is dié Olimpiese Spele en vir wie?

“Die Spele het reeds be­tekenis verloor.

Mening

“Ek glo ons het die kans om dié skouspel te kanselleer, reeds misgeloop.”

Sy het die IOK daarvan beskuldig dat hy wettige kommer oor die deelnemers en toeskouers se veiligheid ignoreer.

“Die IOK blyk te dink dat die openbare mening in Japan nie belangrik is nie,” skryf sy.

Senior IOK-beamptes en organiseerders van Tokio 2020 sê die Olimpiese Spele sal op 23 Julie, soos beplan, geopen word, en hy benadruk dat al die nodige voorsorgmaatreëls getref is om atlete, besoekers en die Japanse publiek te help beskerm.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters