8 dae gelede
Indië draai Bumrah in watte toe
Jasprit BumrahFoto: gallo images  ~ 

DIE bestuur van die Indiese krieketspan het hul sen­sasionele bouler Jasprit Bumrah in watte toegedraai.

Bumrah het die verbeelding van die Australiese krieketliefhebbers aangegryp met sy vaart, akkuraatheid en boul-aksie.

Dit was in die vier toetse teen Australië, wat Indië met 2-1 geklop het.

Bumrah en die Aussies se draaier Nathan Lyon het die meeste paaltjies in die reeks geneem: 21 paaltjies elk.

Vervang

Hy sal die reeks van drie eendaagse wedstryde teen die Aussies misloop.

Hy sal ook nie aan die reeks van vyf wedstryde teen Nieu-Seeland deelneem nie.

Mohammed Siraj van Hyderabad vervang Bumrah.

Siddarth Kaul, die naatbouler van Poenjab, is nader­ getrek vir die T20-reeks teen die Kiwi’s.

So, duidelik het Indië se kaptein, Virat Kohli, sy sin gekry, want hy wou hê dat Bumrah gespaar moet word vir die Wêreldbeker-toernooi. – sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters